Testimonials

testimonials page

Wat ‘n wonderlike troue!

Julle het alweer alle verwagtinge oortref, en ek het komplimente ontvang oor die kos, die terrain, die musiek, die service met ‘n smile, alles was net stunning!

Baie dankie, ek bevel julle met vrymoedigheid aan.

En ek dink die blik-kerkie was nie net ‘n goeie rescue-plan nie, maar het werklikwaar ‘n oulike bekoring, het bygedra tot meer romantiese atmosfeer (opgemaak in 1.5 ure se tyd deur net 5 mans).

– Fred Huysen


Ek wil graag opreg dankie sê vir al julle moeite, heerlike kos, pragtige tuin, kosbare kerkie, vriendelike diens en dat julle in alle opsigte die ekstra myl geloop het om Hanneke en Arnold se dag ekstra spesiaal te maak! Dit was ‘n vreugde om met julle te werk en ek sal julle beslis aanbeveel vir voornemende bruide.

– Tokkie Oosthuizen


Uitsig was vir ons stadsjapies ‘n ware oase waar siel, liggaam en gees verkwik word en verrassings om elke hoekie wag!

– Azetta & Neil


Ons het die grootste lof vir Uitsig Wedding & Functions, altyd aangenaam en ‘n groot plesier om hierdie venue te besoek. Die eienaars Johan & Anne-Marie Meyer, is gasvrye mense en hul personeel bekwaam.

Die venue beskik oor al die fasiliteite op een perseel met pragtige netjiese tuine. Ons kan met die grootste vrymoedigheid hul aanbeveel vir elke bruidspaartjie vir ‘n onvergeetlike spesiale troudag!

– Esther & Joos Taylor


Beste Johan, Annemarie en die hele Uitsig Span

Waar begin ons om dankie te sê!

Vandat ons julle die eerste keer  ontmoet en besoek het,  het alles net in plek geval.

Julle deeglikheid en organisasievermoe – die instandhouding van die venue – die pragtige en netjiese tuine – die verskeidenheid van fasiliteite – Ons kan getuig dat Uitsig Venue uitstaan in alle opsigte.

Soveel spesiale oomblikke soos die hartjie op die gras en die woorde Verwag die Onverwagte het net bygedra om alles spesiaal te maak.